Wie is Toeps?

Toeps bestaan tans uit 'n span van 6 professionele sagteware ontwikkelaars wat beskik oor 'n verskeidenheid vaardighede en gesamentlike ondervinding in sagteware ontwikkeling van meer as 20 jaar.

Die Toeps Missie!

Toeps se doel is om tegnologie minder intimiderend te maak deur beter sagteware te ontwikkel.

Ons fokus is op Afrikaanse besighede, waar ons graag ‘n impak wil maak deur ons vaardighede aan te bied. Toeps streef om te dien. Ons wil daaglikse take vereenvoudig en outomatiseer waar moontlik om produktiwiteit in organisasies te verbeter. Ons poog om ‘n produk en diens te lewer wat toeganklik is aan almal sonder om met die hoofstroom se onbillike pryse te kompeteer.

Alhoewel ons trots Afrikaans is, verstaan ons dat die sakewêreld Engels is en sal ons altyd eerste die teikenmark se taal voorkeur in ag neem.

Die Toeps Visie!

Die oordrag van idees in jou moedertaal maak dinge soveel makliker. Ons is trots Afrikaans en wil 'n verskil maak in ons taal deur meer verstaanbare en toeganklike sagteware te ontwikkel. Daar is talle oplossings daar buite maar bitter min in Afrikaans. Toeps is nie 'n vartalings diens nie ons verstaan Afrikaans en help in Afrikaans.

In die volgende 5 jaar is ons doelwit om Afrikaans te versterk in die wêreld van sagteware, deur webstelsels, mobiele toepassings en outomatiserings sagteware.

Deur sagteware ontwikkeling kan ons bydra tot die groei van ons taal, asook enige maatskappy.

Wat kan ons vir jou doen?

Ons is meer as net 'n groep mense met 'n missie. Ons is 'n groep ons lewe ten volle geniet, wat passievol is oor wat ons doen en trots is op die werk wat ons lewer.

Ons bied meer as net die volgende dienste:

toeps-sagteware-ontwikkeling

Sagteware Ontwikkeling

Ons streef daarna om werklike probleme op te los met behulp van programeering. As u meer as een keer presies dieselfde stappe gevolg het om 'n taak te verrig, MOET ons dit outomatiseer. Ons kan enige sagteware-oplossing ontwikkel om u daaglikse werk te vergemaklik.

toeps-toep-ontwikkeling

Toep Onwikkeling

Soos wat tegnologie verbeter het, het die nood wat daar is vir mobiele toepassings op die internet vergroot. Mobiele internetgebaseerde stelsels raak ook buitengewoon gewild en is vinniger om te ontplooi en bied groot ervaring op verskillende toestelle, terwyl dit intydse toegang tot data en integrasie bied.

toeps-moderne-webtuiste-ontwikkeling

Moderne Webtuiste ontwikkeling

Die web verander elke dag, so hoekom moet u besigheid dieselfde bly? 'n Gemiddeld van 59% van alle besoeke aan webtuiste word op 'n mobiele toestel gedoen, daarom ontwikkel ons met 'mobile first' in gedagte. Dit beteken dat alle webtuistes wat ons ontwerp of ontwikkel, op enige toestel pas.

toeps-databasis

Databasisse

Groot of klein, ons kan enige databasis aanskaf saam met enige van ons produkte.

Baie dankie vir u epos.

Baie dankie dat u Toeps gekies het om u volgende projek 'n sukses te maak.
Ons het u e-pos ontvang en ons sal so gou as moontlik terug kom na u toe.